|
Supersestien Reëls
Wenk van die week9: Terug
Ek sit eendag by die Wanderers en rugbyproewe kyk.
Nou ken ek die Wanderers vir sy krieket waar die tou die grens van die veld bepaal.
Verder lyk dit toe toe vir my asof dieselfde mense wat die tou vir die krieket
neerlê, ook gevra is om versperrings vir die rugbyveld op te rig want daar is omtrent
net so 'n meter tussen die buitelyne van die rugbyveld en die versperrings.
Die versperrings is omtrent so hoog soos 'n atletiek hekkie en ek het aangeneem
dit moet van 'n sagte stof gemaak wees want 'n gedeelte van 'n wedstryd vind mos
soms meer as 'n meter buite die veld plaas.
In die 2de wedstryd vind almal toe uit dat die versperring van staal gemaak is
toe die heelagter van een van die skoolspanne by die kantlyn uitgeboender word,
teen die versperring en katswink.
Later met 'n brein "scan" word vasgestel die seun het harsingskudding.
Hoewel die versperrings kort daarna verskuif is het ek gewonder wie se skuld dit
nou eintlik was. Die plek waar die wedstryde gespeel word, die skeidsregter wat moet
toesien dat die wedstryd veilig is of dalk die rugby unie wat vooraf moet toesien
dat die nodige veiligheidsmaatreels in plek is.
Ek kry heelwat e-pos van ouers wat oor sekere van hierdie aspekte handel en die
veiligheid van ons seuns is hoog op die lys.
Ek hoop verder om met hierdie skrywe 'n paar ouers, beamptes en skeidsregters
atend te maak om op te let dat die speelterein in orde is byvoorbeeld wanneer die
noodhulp nog nie daar teenswoordig is nie, moet nie begin speel nie.
Hoop om van julle te hoor vir meer inligting oor hierdie saak.
|