Tel:       (Day)    
(Evening)    
Fax: (All Hrs)    
e-Mail:    

27 11 782 2818    
082 900 4288    
27 11 782 1511    
hannes@vkmbooks.com    


 

 

 

 

Skolerugby

Supersestien Reëls

Wenk van die week8: Terug

Vanaf 8 tot 12 April was dit Paasrugbyfees by drie van ons bekende skole, St John, St Stithians en King Edward. Daar was 18 wedstryde per dag wat natuurlik te veel is vir enige rugby liefhebber se gestel. Eintlik het jy nie geweet waar om te gaan nie, toe kyk ek maar waar Jake White kyk en doen dieselfde.

Ek kom toe op 'n baie interessante span af met ongelooflikste hantering vermoë, Paul Roos . Die span wat soos die Maties lyk daar uit Stellenbosch. Nou wonder ek hoekom sien mens die vaardigheid nie by meer skole nie. Jammer dat hul so baie beserings opgedoen het voor Maandag se finale wedstryd, want ek het uitgesien na die wedstryd teen Grey.

Na so 'n bietjie navorsing kom ek toe agter dat daar 'n ongeskrewe reël in die Kaap is , naamlik dat geen speler van onder 14 en 15 ooit 'n bal mag skop nie. Die onder 16's mag ook net die bal skop as hul in hul eie kwartlyn is. Teen die tyd dat die spelers die 1ste span haal is hul balvaardighede van so 'n standaard dat min skole uit die ander streke kan kers vashou.

As mens nou kyk na die laaste paar wedstryde in die SA Super-12, dan lyk dit of geen speler na die wedstryd weer na die " wedstryd-tape" gaan kyk waar hul kan verbeter nie. Week na week hoor mens die komentators praat van die basiese goed wat nie op hierdie vlak reg gedoen word nie. Ek bedoel 'n afskop moet mos binne veld bly en as jy buite jou kwartlyn is moet jy mos nie direk uitskop nie. Dit het altesaam 4 keer in een van die Cats es wedstryde gebeur. Vir die res van die tyd is daar ook heelwat balle nutteloos veldaf geskop vir die oponente. Alles is nou weer  vergewe en vergete, maar ek dink ons moet die Kaapse skoolreëls by 'n paar Super 12 spanne inbring

Super -16 - Reëls

Elke span kry 8 punte as hy wen. As hy 4 of meer drieë druk in die proses kry hy nog 2 punte. (Maks 10 punte). Die verloorspan kan 2 punte verdien as sy telling binne 7 van die wenspan is en 'n verdere 2 punte as hy ook 4 drieë kan druk. (Maks 4 punte). Die sestien skole was in vier groepe van vier skole elk ingedeel en voor die skoolvakansie het elke skool onderling in sy groep teen mekaar gespeel. Dit het dan bepaal watter skole teen mekaar gespeel het op 17 April.

Op 17 April was die kwartfinaal. Die eerste 2 skole van elke groep het om die eerste 8 posisies meegeding, en natuurlik die res vir posisie 9 tot 16. Die wenners van die kwartfinaal ding nou weer mee vir die eerste 4 plekke, terwyl die verloorders posisie 5 tot 8 vul. Dieselfde geld vir posissie 9 tot 12 en 13 tot 16.

Daar is tog 'n mate van wreedheid in die stelsel. Die bonuspunte het getoon dat Brandwag , Standerton, Alberton en Bekker die krag by die 1ste spanne is. Min of meer in daardie orde. Toe klop President sowaar vir Brandwag en die beste wat Brandwag nou kan doen is om 5de te eindig. Ek het hulle sien speel vanjaar en geglo hul is beslis onder die eerste drie skole. Wys jou net, elke wedstryd is belangrik. As ons volgende jaar terugkyk na die statestieke sal niemand weet dat Brandwag dalk 2de of 3de beste was in die supersestien nie.