Tel:       (Day)    
(Evening)    
Fax: (All Hrs)    
e-Mail:    

27 11 782 2818    
082 900 4288    
27 11 782 1511    
hannes@vkmbooks.com    


 

 

 

 

Skolerugby

Węreldbeker

Wenk van die week6: Terug

Węreldbeker - Rustig asseblief Suid Afrika - 2/11/2003

Na al die verwagtinge dat daar in hierdie węreldbeker enige verassings kon wees is die antiklimaks dat die stelsel om die węreldranglys te bepaal tog blyk reg te wees. Ek wys julle gou hoe die bepalings was en wat die verwagtings is, en dan kyk ons wat die uitslag van die beker is.

Die drie top spanne in die węreld maak 3 top posisies van elke afdeling uit terwyl die vorige węreld wenner die 4de afdeling vul. Dit wil sę (1) Engeland, (2) New Zealand, (3)Frankryk en die vorige wenner Australië toevallig in die 4de plek elk in sy eie afdeling. Die volgende 4 lande kry ook elk sy eie afdeling naamlik (5)Ierland, (6)Suid-Afrika, (7)Wallis en (8)Skotland. So ook kry 9de tot 12de plekke ook elk sy eie afdeling naamlik (9)Argentinië, (10)Samoa, (11)Fiji en (12)Italie. Die ander 8 plekke word gevul deur uitspeelwedstryde om te bepaal waar hulle ingedeel word.

Die idée is dat die 1ste twee spanne ter węreld in die eindstryd moet beland en dat die 1ste vier spanne die halfeind moet bereik. Dit is nou te sę as die 4 top spanne hul eie afdelings of poel wen. Nou dat die uitspeel wedstryde verby is het snaaks genoeg net twee verskuiwings plaasgevind. Engeland het twee plekke afgeskuif en Suid-Afrika een plek op. Hulle staan nou soos volg:
(1) New Zealand (2) Frankryk (3) Engeland (4) Australië
(5) Suid-Afrika    (6) Ierland    (7) Wallis      (8) Skotland
Volgens die oorspronklike gradering behoort die uitspeel as volg te verloop:

New Zealand    
Suid Afrika New Zeeland  
Australië Australië  
Skotland   New Zeeland (Australië)
     
Frankryk   Engeland
Ierland Frankryk  
Engeland Engeland  
Wallis    

So, nog niks snaaks het gebeur nie. Die vermoede is ook dat niks snaaks gaan gebeur nie. Dit klink vir my na verlede Saterdag dat almal dink ons gaan nou die Beker wen. Ons wil nou die beste span sover probeer klop. Daarna die tuisspan en dan weer die gewese beste span.

Ons is die 6de beste span en alhoewel ons dink ons het goed gedoen het ons net een plek opgeskyf. In al ons wedstryde sover was ons nog net vir 60 minute per wedstryd goed gewees. Om die kampijoen te wees moet ons vir 80 minute goed wees. Gaan kyk na die vier spanne wat bo ons lę en kyk hoekom hulle daar is.

Gelukkig is daar iets wat die Engelse noem “PASSION” wat natuurlik die wending van ‘n nasie kan verander. Kom ons hoop dat daardie gevoel die Springbokke pak wanneer hulle Saterdag New Zealand speel. As hul dan daarna moet huistoe kom, laat ons hul verwelkom en sę wel gedaan manne, dit is ‘n jong span waarvan heelwat spelers in die volgende węreldbeker gaan speel.

Węreldbeker - Onrustig Suid Afrika - 9/11/2003

Ek los die vorige week se skrywe net soos dit is maar wil net graag die nuwe posisies weergee soos dit na die kwarteindrondte is. Daar was nog 8 posisies wat kon verander en as jy die reëls toepas op vandag se datum is ek bevrees dat ons nie ons posisie van voor die węreldbeker kon behou nie. Ons het ten minste vir 60 minute goed gelyk in vorige wedstryde maar in die laaste een vir net 15 minute. Jammer bokke maar ek kry nie iets waaroor ek kan skryf nie. Die 1ste 8 plekke lyk nou so.
1 New Zealand
2 Engeland
3 Australië
4 Frankryk
5 Ierland
6 Wallis
7 Suid Afrika
8 Skotland

Węreldbeker - 16/11/2003

Die eerste glipsie van die Węreldbeker, maar eintlik ook nie. As jy kyk hoe Australië verdedig het en dit vir 80 minute gedoen het, weet jy wat dit beteken om te speel om nie te verloor nie. Wonderlik, al probleem is Engeland speel ook so. Dit gaan 'n eindstryd soos min wees.