|
Wenk van die week3
Wenk van die week5: Terug
Omdat ek hierdie tyd van die jaar nie meer kan skolerugby kyk nie, wil ek graag bietjie na ons Curry Beker kyk. Ek verstaan nie meer wat aangaan in ons land se rugby nie. Ek was onder die indruk dat as twee sterk spanne teen mekaar speel, die telling laag is. Met laag bedoel ek dat die wenspan tussen 15 en 25 punte kry en die verloorspan tussen 10 en 20. Volgens statestieke behoort die twee spanne se gesamentlike telling onder die 40 te wees.
Kom ons sę die Sharks, Bulle, WP en Leeus is baie sterk en die Pumas, Cheetahs, Eagles en Griekwas is sterk of soos hulle dit stel krag teen krag. Al deel ek hulle ook in die twee groepe op, is daar nog steeds net 3 uit die 48 wedstryde reeds gespeel, wat aan die statestieke voldoen. Dit was Bulle – Sharks 20-15 en Sharks – WP 18-6. Die res van die wedstryde is iets vreesliks.
Die derde wedstryd wat aan die statestieke voldoen het was Griekwas op Loftus waar hulle die Bulle klop 19-15. Net om te wys dit was nie ‘n glips nie klop hulle ‘n week later vir die Leeus 25-24. Net om ‘n week later te bewys dit was eintlik ‘n glips en verloor teen Cheetahs 19-75.
Die Eagles klop die vuurwarm Griekwas 47-24 en verloor teen die Leeus, wat nou volgens die telling, swakker is as Griekwas met 14-104. Of dit nou nie misleidend genoeg is nie klop die Bulle die WP met 64-29 en ‘n maand later WP 63 Bulle 26.
Ek het probeer sin maak van die deurmekaar spul. Nog nooit in die geskiedenis het krag teen krag so gelyk nie. Iemand maak my attent dat daar meer as 80 Springbokke verlede naweek gespeel het. Ek dag hulle is by die Węreldbeker.
Tog het Einstein gesę die wet van gemiddeldes sal seevier. As die Curry Beker seisoen verby is behoort ons vier sterkste spanne in die eerste vier plekke te lę en twee van hulle gaan spook om die trofee.
Laat ons maar glo dat die onvoorspelbaarheid van ons rugby ons sal deurtrek in die Węreldbeker. In ons rugby het dit so belangrik geword om te wen, dat ons vergeet het om nie te verloor nie. Om dit te doen moet jy verdedig, anders, groot tellings soos ons hierdie seisoen gesien het.
|