|
Wenk van die week3
Wenk van die week4: Terug
Vir skole is die ligawedstryde, die eindrondte van die Beeldtrofee en Media24 nou iets van die verlede. Vir daardie skole het daar soveel harde werk en afwagting voorafgegaan en die ouers het die wêreld vol gery om te gaan kyk, te ondersteun en dan uit gewerk of hul skool na die volgende ronte deurdring.
Ek self woon hier aan die noordelike punt van Linden en is omring deur medium skole en vandaar my belangstelling in hierdie afdeling. Self het ek nie 'n rugbyspelende kind nie en kan dus sonder emosie na die wedstryde kyk.
Dit is juis oor hierdie gevoel (emosie) wat ek vandag wil skryf. Die spanne wat ek goed dopgehou het in 2003 was Dinamika, Fochville, Alberton, Linden en President. Alberton se O/14's, Dinamika se O/15's, Linden se O/16's, Fochville se 1ste's en President is 'n skool vol goeie rugbyspelers.
Van die hartseer wedstryde wat onder hierdie groep uitgestaan het was onder andere die Dinamika/Linden O16 wedstryd. Dinamika het voorgeloop tot die einde en toe die laaste beweging van die wedstryd plaasvind druk die tydelike skrumskakel van Linden 'n ongelooflikke drie, wat Linden toe laat wen. Dinamika was gebroke want hulle het eintlik die wedstryd in die sak gehad. Wat daardie wedstryd verder veroorsaak het is dat Linden toe teen President in die halfeind speel in plaas van teen Alberton. Linden loop 14-12 voor en in die laaste minuut kry President 'n redelike maklike strafskop, dis egter mis en Linden speel teen Alberton in die eindstryd (Liga gedeelte van Beeldtrofee). Mens wonder wat sou wees as die eindstryd anders was en ook hoe die verloor spanne gevoel het.
Linden o/16’s wen toe vir Akasia in die kwarteindronte (Beeldtrofee) en moet toe teen Frans du Toit in die halfeind speel. In die laaste minuut van die wedstryd is die telling: Linden 23, Frans du Toit 19. Die laaste beweging van die wedstryd is 'n skrum 5 tree van Linden se doellyn. Met Linden se skrumskakel beseer en die senter wat tydelik skrumskakel moet speel, haak Linden die bal en die skrumskakel gooi die bal 5 cm verby die loskakel se hande. Die gevolg Frans du Toit 26 Linden 23. Held teen Dinamika, maar baie hartseer teen Frans du Toit.
Daar is baie sulke stories landwyd, soos die dag toe Fochville se 1ste span teen Randburg in die halfeind uitgeskakel word. Voor die wedstryd was Fochville so positief en het mens regtig gedink hulle gaan daardie wedstryd wen. Maar op die einde van die dag was Randburg se voorspelers net te sterk. Nou moet jy na so verloor van Florida tot in Fochville in die bus ry, en dit is doodstil.
Vir al die skoolkinders wat voel dit is hulle skuld dat die span verloor het wil ek net sê dat jy altyd die wedstryd in sy geheel moet sien.Daar was ander ouens wat gedurende die wedstryd ook foute gemaak het en dalk baie meer en slegter as joune, maar joune was dalk net die laaste.
Ek het ook eendag die bal uit 'n losskrum geskop in die oponent se hande en daardeur die beker vir die Noord Kaap skole verloor. Ek het lank daarna nog baie sleg gevoel maar toe ek onlangs van my ou skoolmaats daaroor uitvra, kon hulle dit nie eers onthou nie.
Ongelukkig is dit nou maar deel van die rugby paket. Mens kan ook in 'n koekon sit en nie rugby speel nie, dan hoef jy nie bloodgestel te word aan die teleurstellings nie. As jy wel speel is jy 'n man wat dit moet vat soos dit kom.
|