|
Wenk van die week3
Wenk van die week3: Terug
Hierdie week wil ek nie oor spesifieke speelmetodes praat nie maar oor drie
ander sake wat ook ‘n invloed op rugby het.
- Ek kyk na so baie rugby wedstryde dat ek later deurmekaar raak oor wat het
in watter wedstryd gebeur. Daarom maak ek maar altyd kantaantekeninge by my
statestieke. Ek wou die gemiddelde aantal strafskoppe per wedstryd bepaal en
moes deur heelwat van my statestieke gaan om dit vas te stel. Dit is toe dat
ek op iets afkom wat nogal verstommend is. Ek kon in die laaste sowat 100
wedstryde nie een keer kry waar die skeidsregter sy beslissing verander het
nadat ‘n span met hom stry of die toeskouers hom van die kant probeer
reghelp nie. Om die waarheid te sê, in 7 gevalle het hy 10 tree ekstra teen
die klaers gegee. So dit lyk vir my jy kan ten minste 100% seker wees dit
help nie om te klae nie en dat die skeidsregter ook ‘n mens is en alles
wat hom van die kantlyn af toegesnou word dalk nie altyd tot voordeel van
jou span is nie.
- So ‘n klein wenkie oor wat ek ook opgelet het. Wanneer ‘n speler die
bal het en hom wil uitskop, maar die bal skil van sy voet af, veld-in, dan
hoor jy soms ‘F@#…….. Maaannn…’ en die outjie hardloop alleen
agter die bal aan. Ander kere gebeur dieselfde met ‘n ander speler en hy
skree ‘Skuus Ouens’ en die hele span hardloop agter die bal aan. Maar
onthou daar is ‘n man is met ‘n fluitjie wat alles hoor en het julle
geweet dat die oormatige gebruik van vloekwoorde strafbaar is met ‘n geel
kaart?
- In my tyd het ek al baie skoolkinders gesien wat ek verseker gedink het
gaan Springbokke word, maar na skool hoor jy nooit weer van hulle nie. Tim
Knoks het tydens die vorige Two Oceans toetse gedoen op mense wat hardloop
maar veral op die wat nie klaar gemaak het nie. Daar is blykbaar ‘n
gemeenskaplike faktor by die meeste van hulle. Almal van hulle is baie lief
vir ‘n dampie. Daar is egter bevind dat indien jy vir 3 jaar ‘n dampie
slaan op ‘n gereelde basis vorm daar ‘n extra lagie teer in jou long wat
jou die 2de helfte van ‘n wedstryd lelik moeg maak en ook veroorsaak dat
jy nie die fiksheids vlak van ‘n provinsiale speler kan bereik nie. Dit
klink vir my ‘n man sal maar bietjie moet “Sacrifise” as jy eendag
erens in sport wil kom.
So terloops die gemiddelde aantal strafskoppe per wedstryd vir skole is 17.
(Nogal baie foute ne! Werk daaraan!)
|