Tel:       (Day)    
(Evening)    
Fax: (All Hrs)    
e-Mail:    

27 11 782 2818    
082 900 4288    
27 11 782 1511    
hannes@vkmbooks.com    


 

 

 

 

Skolerugby

New Page 1

Wenk van die week2:   Terug

Een van die statistieke is dat bykans een uit elke drie balle wat na die kantlyn geskop word nie uit is nie. Dit sluit balle uit wat in oop spasies of net bloot veldaf geskop word. Naas Botha het so 2 maande gelede aanbeveel dat skoppe wat nie uit is nie as omgekeerde besit getel word. Nou hoekom is dit dat spelers nie soos Spencer van New Zealand die bal kan uitskop nie.

  • Die eerste is oefening: Kry 'n "hoela hoop" (die ronde plastiek sirkels wat so 'n meter in deursnit is) en plaas dit op die kwartlyn. Gaan staan nou op die doellyn en kyk of jy die bal kan skop dat hy in die sirkel hop. As jy gereeld die bal naby of in die sirkel kan plaas, skuif die sirkel so 5 meter verder en herhaal die oefening totdat jy jou gemaklike skopafstand bereik. Plaas nou die sirkel 1 meter buite die kantlyn regoor jou gemaklike afstand, gaan staan so 10 meter van die hoekvlag op die doellyn en probeer weer. Jy sal vind jy skop nie so goed nie, want die kantlyn sit jou af. Hou aan oefen tot jy tevrede is dat jy die bal elke keer uitskop. Vat nou die sirkel weg en skop na 'n denkbeeldige sirkel. Bêre die denkbeeldige sirkel in jou kop en as jy gedurende 'n wedstryd die bal moet uitskop, verbeel jou die sirkel lê so 'n meter buite die veld op jou gemaklike afstand. Vra so nou en dan 'n brawe vriend om die skoppe te kom afstorm as jy oefen sodat jy die skop onder druk ook kan doen.
  • Tegniek: Om maksimum afstand in 'n golfhou te kry moet jy mooi deurswaai. In rugby moet jy jou been soos 'n golfstok gebruik om 'n bal so ver moontlik te skop. Golfstokke is reguit, so jy moet jou been ook reguit hou. Probeer deur die bal skop en nie na die bal.
  • Tydsberekenig: Dawie Snyman het altyd sy agterspelers dwars oor die veld laat hardloop met 'n bal wat hulle so net onder borshoogte met reguit arms voor hulle moes hou en op hul bobene net agter die knie hop en vang, elke keer as die bene opkom. Dit is 'n baie goeie oefening om jou 'n gevoel te gee van hoe die bal na jou voet sal beweeg voor jy skop. Die grootste probleem by skoppe is dat die been te vroeg deurswaai en dat jy die bal tref as hy nog te ver van die grond is. Let volgende keer op as iemand 'n woer-woer skop los hoe hoog die bal van die grond is. As jy nie die gewoonte kan afleer om jou been te gou te swaai nie, laat die bal dan jou hande vinniger afwaarts verlaat.