Tel:       (Day)    
(Evening)    
Fax: (All Hrs)    
e-Mail:    

27 11 782 2818    
082 900 4288    
27 11 782 1511    
hannes@vkmbooks.com    


 

 

 

 

Skolerugby

Wenk van die week1

Wenk van die week:   Terug

Ek het nou weer na wedstryd statistieke gekyk en op die oomblik is tikskoppe 'n euwel. 61% van strafskoppe waar tikskoppe geneem word gaan die bal of beweging verlore vir die span wat die strafskop gekry het. Dit lyk my die skeidsregters op skoolvlak is nie heeltemaal so streng met die 10 tree reël nie. Niks teen skeidsregters nie hoor! Kom ons kyk gou hoekom loop dinge so skeef met tikskoppe:

  • Die een wat die tikskop gee vang sy eie spelers omkant en hulle volg nie die baldraer op nie. Jy sien, wanneer 'n moee voorspeler die fluitjie hoor is hy baie bly vir die blaaskans en stop net waar hy is, so as jy wil tikskop moet jy weet jy is op jou eie.
  • As jy 'n vinnige tik gee en begin hardloop is die ander span gewoonlik nog besig om terug te val en jy hardloop 'n klomp van hulle verby en hulle beland dan tussen die baldraer en sy span. Nou moet die baldraer aan die bal klou en 'n strafskop afstaan.
  • Ander kere is jy so haastig om die tikskop te gee dat die bal jou hand vorentoe verlaat en jy nie mooi beheer oor hom kry nie. Die gevolg jou strafskop word 'n skrum vir die teenstaanders.
  • By beheerde tikskoppe waar die skrumskakel die bal agtertoe tikskop en dan vir sy aanstormende voorspelers gooi, gewoonlik na aan die doellyn van die teenstanders. Sodra die bal getik word beweeg die voorspelers vorentoe en hul liggaams-posisie neem die van 'n skrum aan wat natuurlik die heel ongemaklikste is om 'n bal te vang en hul slaan hom vorentoe aan.
  • Genadiglik roep die skeidsregters jou deesdae terug om op die regte plek te kom skop anders was baie strafskoppe so ook verlore. Die ongeluk van so 'n tikskop op verkeerde plek haal al die verrassings element uit die spel en by die volgende tikskop wag hulle vir jou.

Tikskoppe in skoolrugby moet beperk word tot baie goed geoefende bewegings. Die afrigters moet reëls neerlê dat tikskoppe slegs onder sekere omstandighede geneem mag word bv. Slegs as al drie losvoorspelers by die baldraer is. Die punte verskil tussen die twee spanne meer as 3 is en jy binne 10 meter van die doellyn is. Onthou strafskop beteken dat die ander span gestraf moet word vir 'n oortreding van die rugby reëls. So as jy 'n strafskop kry, moet dit omhemelsnaam nie vir die oortreders gee met 'n tikskop nie. Daar is 'n kantlyn en pale op die veld, kies liewer een van hulle.

As voorbeeld dink aan die volgende:  3 minute voor die einde van 'n wedstryd kry die span wat 9 punte agter was 'n strafskop vlak voor die pale, gee 'n tikskop, verloor die bal en die opponente byt die voordeel uit met 'n drie. Dit het beteken dat die opposisie 'n ekstra bonuspunt gekry het vir 4 driëe en die verloorders hul minder as 7 punt bonus afgestaan het.