Cokereeks - Medium Skole
Terug
| 21 Aug | 25 Aug | 27 Aug | 29 Aug | Posisie |
| Jan Viljoen 10 * |
Jan Viljoen 0 |
Jan Viljoen 12 | Fochville 13 | Fochville (1) |
| Bekker 10 * | Fochville 10 | Jeppe 0 | President 3 | President (2) |
| Wagpos 12 | Wagpos 3 | |||
| Jeppe 12 | Jeppe 7 | Fochville 14 | Alberton 15 | Wagpos (3) |
| Parktown 3 | Wagpos 27 | Alberton (4) | ||
| Linden 22 | Linden 13 | Alberton 11 | Linden 24 | Linden (5) |
| HTS Witbank 17 | Alberton 14 | President 15 | Jan Viljoen 22 | Jan Viljoen (6) |
| Dr Malan 7 | President 18 | Linden 38 | Jeppe | Jeppe (7) |
| Krugersdorp 8 | Krugersdorp14 | Krugersdorp 5 | Krugersdorp | Krugersdorp (8) |

President was hul eie grootste vyand in hul taai stryd teen Fochville. Fochville se verdediging en losskrumwerk was van besondere gehalte en dit was hier waar President hul wou aanvat. Daar was 3 strafskoppe aan President binne trefafstand wat nie pale toe gemik is nie. Ek weet dit is moeilik om die regte besluite in die hitte van die stryd te neem maar met meer as 15
minute oor moet jy pale toe skop om nader te kom. 9-13 of 12-13 gee jou span daardie ekstra en maak die
oposisie senuagtig.
Fochville het 'n baie goed afgeronde wedstryd gespeel en ek glo sou nie maklik deur
enige van die ander skole op die aand geklop word nie en was die ware kampejoene vir medium skole. Baie geluk en ek glo dat volgende jaar se Beeldtrofee vir julle loer.
![]() |
Linden was die enigste skool wat Fochville in die uitspeel wedstryde kon klop, alhoewel dit ook maar met 11-10 was en dit die hele tyd gelyk het of Fochville sou wen. Hul verloor teen Alberton 13-14 het hul egter met 4 plekke afgeskuif en daar het toe niks van die vreeslike eindstryd met Fochville gebeur nie. |